Jeugraad-herrie draai Februarie in die hof

Die herrie rondom die afdanking van die Nasionale Jeugraad en aanstelling van ander lede sal eers in Februarie volgende jaar in die hof draai. Die polemiek het ontstaan na lynminister Agnes Tjongarero die Jeugraad se direksie ontbind het terwyl afgevaardigdes reeds bymekaargekom het om ‘n nuwe een te verkies, en toe die tussentydse raad aangestel het. Opposisie-jeuggroepe beweer die tussentydse raad bestaan uit lede van die Swapo-jeugliga en ander partye is nie verteenwoordig nie. Met die uitstel deur regter Shafimana Ueitele beteken dit dat die minister se raad nie kan dien voor die saak afgehandel is nie. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *