Human Rights Watch beskuldig Israel van volksmoord

Human Rights Watch beskuldig Israel van volksmoord-dade teen Palestyne in Gaza deur voldoende watervoorsiening te weerhou. Die organisasie sê in sy jongste verslag Israel het doelbewus infrastruktuur beskadig. Dit sluit in sonkragpanele by watersuiwerings-aanlegte, ‘n reservoir, en ʼn pakhuis met onderdele. Hy sê hulle keer ook dat brandstof vir opwekkers gelewer word. Die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake se waarnemende woordvoerder, Vedant Patel, sê hulle verskil van die verslag, maar gaan voort om met Israel oor die kwessie te praat.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *