Fani Willis mag nie Trump oor Georgia-stemmery vervolg nie
Die Appèlhof in Georgia het die distriksaanklaer van Fulton, Fani Willis, gediskwalifiseer van die vervolging van die verkose president Donald Trump en sy medeverweerders in hulle verkiesingsafpersingsaak. Trump en nog 18 mense het verlede jaar onskuldig gepleit op alle aanklagte vir beweerde pogings om die uitslag van die 2020 presidensiële verkiesing in die staat Georgia om te keer. Die hof het bevind ‘n aansienlike voorkoms van onbehoorlikheid was genoeg om moontlik die saak in die oë van die publiek verdag te maak.