Eerste vlugte na Benguela-provinsie ontsluit nuwe bestemmings
Die eerste FlyAngola vlug vanaf Catumbela in die Benguela-provinsie na Windhoek sal môre opstyg, wat toerisme in beide lande ‘n hupstoot sal gee. Die Benguela-provinsie is bekend vir sy natuurskoon en warmwater strande. Die roete sal ook in Luanda land wat nog ‘n opsie vir reisigers bied. Reaksie is ontvang van plaaslike toergids Joseph Kafunda, wat sê dit is ‘n geleentheid vir Namibiërs om die pragtige Angola te verken.