Byvangste wek kommer, verliese beloop N$100m

Die ministerie van visserye het sy kommer uitgespreek oor die uiters hoë byvangste wat tans in die bedryf voorkom en sê verliese in die verband beloop ongeveer 100 miljoen Namibiese dollar. Die jongste statistieke toon dat stokvis, maasbanker en sardyne die grootste deel van byvangste uitmaak en die moratorium op sardyne is steeds van krag. Visvangmaatskappye verkoop hulle byvangste omdat dit nie deur die ministerie gekonfiskeer word nie. Om dit in perspektief te plaas, wanneer 400 metrieke ton van die kwota gevang word, kan die byvangs tot 700 metrieke ton beloop.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *