Britse hof verleng vonnisse van twee seuns, 13, wat gemoor het

‘n Appèlhof in die Verenigde Koninkryk het die vonnisse verhoog van twee seuns wat glo Brittanje se jongste mesmoordenaars is. Die twee, nou 13 jaar oud, is in Junie skuldig bevind aan die moord op ‘n vreemdeling toe hulle slegs 12 was. Die slagoffer is met ‘n kapmes aangeval. Hulle is later lewenslange vonnisse opgelê vir die moord op die 18-jarige Shawn Seesahai met die minimum tydperk voor hulle vir parool oorweeg word, vasgestel op agt-en-‘n-half-jaar. Die Appèlhof het beslis die vonnis is “buitensporig sag” en moet tot tien jaar verhoog word. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *