Brandstofprys onveranderd in Januarie
Die ministerie van myne en energie het die brandstofprys onveranderd vir Januarie gelaat. In sy verklaring sê hy petrolpryse in Amerikaanse dollar het met 0,3 persent gedaal en diesel met 1,73 persent maar, die daling in diesel is teengewerk deur die verswakking van die Suid-Afrikaanse rand en Namibiese dollar teenoor die Amerikaanse geldeenheid. Daar is ‘n oorverhaling van 17,8 sent in petrolpryse aangeteken maar ‘n onderverhaling van tussen 37,6 en 28,6 sent vir albei grade diesel.