20 seuns sterf in Oos-Kaap tydens inlywing

Die Kongres van Tradisionele Leiers van Suid-Afrika in die Oos-Kaap sê die provinsie benodig buitengewone maatreëls nadat 20 seuns dood is gedurende die huidige somer-inlywingseisoen. Voorsitter Nkosi Mwelo Nonkonyana sê tradisionele besnydenis maak nie dood nie, maar skryf dit toe aan die mense wat vir die proses verantwoordelik is. Hy versoek dat tradisionele leierskap dringend toegerus moet word om daadwerklik en met die nodige gesag hierdie bloedbad beslissend te hanteer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *