14 nuwe biometriese stelsels by OR Tambo

Die Grensbestuursowerheid het 14 nuwe biometriese stelsels by OR Tambo Internasionale Lughawe geïnstalleer om lughawesekerheid te versterk, die immigrasieproses te stroombelyn, en ter ondersteuning van biosekerheid en landbou-inspeksies. Hierdie opgraderings is om verhoogde getalle passasiers gedurende die feestyd te hanteer terwyl dit terselfdertyd doeltreffende sifting verseker om die invoer van skadelike landbouprodukte en omgewingsrisiko’s te voorkom. Die kommissaris van die owerheid, Michael Masiapato, sê vier stelsels is reeds in werking.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *