Toerisme-lodge in Ramsar-gebied kry teenstand

Environmental Compliance Consultancy het ‘n kennisgewing uitgereik oor die voorgestelde konstruksie en bedryf van ‘n toerisme-lodge in die Mahango-kerngebied binne die Bwabwata Nasionale Park in die Kavango-Oos-streek. Die aansoek om omgewingsklaring is gedoen in ooreenstemming met die Wet op Omgewingsbestuur en sy regulasies van 2012. Die voorgestelde projek behels die bou van ‘n lodge met 10 verblyf-eenhede en ondersteunende infrastruktuur. Die projekterrein is op die westelike oewer van die Kavangorivier, sowat 25 kilometer suid van Divundu. ’n Openbare vergadering sal op 16 Januarie 2025 by Kampion gehou word om die projek en die potensiële omgewings- en maatskaplike impakte daarvan te bespreek. Kosmos 94.1 Nuus het met Mark Paxton van Shamvura Camp gepraat, wat saam met agt ander applikante dit in die hof gaan betwis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *