Skep veilige ruimtes vir kinders: SOS Village

Die SOS Village het die belangrikheid daarvan beklemtoon om ‘n veilige ruimte vir kinders gedurende die feestyd te skep, om te verseker dat hulle ‘n betekenisvolle en genotvolle vakansie het. Hierdie oproep tot waaksaamheid kom in die lig van die talle verkragtingsake en onveilige aktiwiteite wat onlangs aangemeld is. Die organisasie doen ‘n beroep op ouers en voogde om ekstra versigtig te wees om hul kinders se veiligheid te verseker, insluitend waar hulle speel, saam met wie hulle is en die aktiwiteite waaraan hulle deelneem. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Sylvia Shimaneni, die waarnemende hoof vir fondse en kommunikasie by die SOS Village, wat sê kinders moet te alle tye beskerm word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *