Sakrozy eerste staatshoof met elektroniese bandjie
Die voormalige Franse president, Nicolas Sarkozy, word die eerste staatshoof wat ‘n jaar lank ‘n elektroniese bandjie moet dra. Die Appèlhof in Frankryk het ‘n uitspraak teen Sarkozy vir korrupsie en beïnvloeding bekragtig. Sarkozy is skuldig bevind aan onwettige pogings om die gunste van ‘n regter te bekom. Hy neem die saak nou na die Europese Hof vir Menseregte. Hierdie stap verhinder egter nie dat die uitspraak uitgevoer word nie. Die sanksie tree nou in werking aangesien Sarkozy alle regsweë in Frankryk uitgeput het.