SA minimumloon ‘moet styg na R28,50’
Die Nasionale Minimumloonkommissie het sy aanbevelings vir die jaarlikse hersiening van die nasionale minimum loon in die Staatskoerant gepubliseer. Dit volg nadat geskrewe voorleggings ontvang is oor moontlike aanpassings aan die land se minimum loon vir 2025. Die arbeidsdepartement se woordvoerder, Teboho Thejane, sê die kommissie beveel aan die loon styg met verbruikersprysindeks plus 1,5-persent. Hy voeg by teen die huidige inflasievlakke moet die minimum loon tot sowat 28-Suid-Afrikaanse rand-50-sent styg.