‘Rooies’ Mostert bly agter tralies na appèl misluk

Die appèl in die hoërhof van die oud-landdros van Gobabis, Walter ‘Rooies’ Mostert, teen weiering van borg in die laerhof, is van die hand gewys. Die staat voer aan dat Mostert ‘n vlug risiko is aangesien hy twee keer sedert sy arrestasie op klagtes van korrupsie en meer, na Suid-Afrika gevlug het. Hy word sedert Maart 2022 aangehou en het verskeie aansoeke om vrylating gebring. Hy het na bewering Namibiese burgerskap toegestaan aan ‘n Suid-Afrikaanse egpaar vir betaling. Regters Claudia Claasen en Herman Januarie het die saak van die hofrol verwyder.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *