Kabelsdiefstal in Johannesburg-middestad styg skerp
City Power het kommer uitgespreek oor die skerp toename in kabeldiefstal in die Johannesburgse middestad. Kabels en vyf hoofeenheid-kragbokse is Dinsdag van die sentrale verspreider in Selby gesteel en het baie mense sonder krag gelaat. Die kragbokse is later op ‘n private eiendom gevind en ‘n klagte is by die polisie gelê. City Power se woordvoerder, Isaac Mangena, sê hulle veroordeel die misdadige optrede ten sterkste en herbevestig hul belofte om die metro se infrastruktuur te beveilig.