Israel teiken Huthi-rebelle in Jemen

Israel het hawens en energie-infrastruktuur in Jemen aangeval nadat hulle ʼn missiel onderskep het wat uit die land afgevuur is. Israel het leiers van die Huthi-rebelle gewaarsku hulle is binne trefafstand. Volgens Huthi-media het die aanvalle kragstasies, olievelde en ‘n hawe in Hodaidah getref, nege mense gedood en verskeie beseer. Iran, wat die groep steun, beskryf die aanvalle as ‘n oogluikende skending van die beginsels en norme van internasionale reg en die Handves van die Verenigde Nasies. Die Huthis teiken Israel gereeld weens sy militêre optrede in Gaza.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *