Brockerhoff hoor op 30 Desember oor borg
Die vermeende reeksstroper Derick Brockerhoff se borgaansoek is in die Windhoek landdroshof deur landdros Victoria Absalom uitgestel tot 30 Desember vir uitspraak. Brockerhoff en Markus Rooinasie is aangekla van wildstropery en Rooinasie het reeds skuldig gepleit. Hy is borg van 3 000 Namibiese dollar toegestaan. Boereverenigings het gevra dat Brockerhoff nie borg moet kry nie, weens verskeie wild- en veediefstalsake teen hom deur die jare. Kosmos 94.1 Nuus het met sy prokureur Boris Isaaks gepraat, wat meer inligting gee.