Besluit oor plaaslike G7-sertifisering eers volgende jaar
Na die aankondiging vroeër vanjaar dat G7-sertifisering van nie-Russiese diamante alleenlik in België gedoen sou word is daar plaaslik groot kommer uitgespreek. Intussen het die G7 besluit om ‘n loodsnodus in Botswana te vestig om sertifisering daar te doen. Plaaslik het die lynministerie aangekondig dat ‘n besluit oor die land se moontlike G7-diamantsertifisering eers ná Februarie volgende jaar geneem sal word. ‘n Onlangse G7-tegniese sending het Namibië besoek om sy gereedheid vir sertifisering te evalueer. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Willy Mertens, die uitvoerende hoof van Debmarine Namibia, wat meer verduidelik.
Mertens ondersteun die regering se druk vir plaaslike sertifisering.