Argitek vra hof om tendertoekenning ter syde te stel
Marley Tjitjo-argitekte het ‘n dringende aansoek vandag voor regter Nate Ndauendapo om ‘n tendertoekenning vir die ontwerp van Cran se hoofkantoor ter syde te stel. Hy sê die tender is aan Bartsch Architecton toegeken en hy het ‘n aansoek vir hersiening van die toekenning op 11 November ingedien. Dit is van die hand gewys omdat aansoeke vir hersiening op 25 Oktober gesluit het. Hy sê Bartsch is op 21 November eers die tender toegeken en beteken op 11 Desember. Hy vra die hof om die toekenningspaneel en Cran te dwing om sy aansoek vir hersiening te oorweeg, ingevolge verskeie bepalings van die wet.