Wenke vir kuberveiligheid
Die land gons steeds oor die kuberaanvalle op Telecom en die gesondheidministerie, en veral oor die persoonlike inligting van sowat 600 000 Telecom-kliënte wat uitgelek het. Dit wek vanselfsprekend kommer oor die veiligheid van inligting wat by instansies soos banke of besighede se stelsels gehou word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Vanessa Maresch van Salt IT Essentials, wat wenke gee vir besighede om hulleself teen sulke aanvalle te beskerm.