Vier lekker fees, maar hou omgewing in gedagte
Die omgewingministerie doen ‘n beroep op vakansiegangers en alle Namibiërs om omgewingsveiligheid te prioritiseer tydens die feesseisoen, met sy verhoogde risiko van besoedeling en ander omgewingsuitdagings. Die ministerie het die behoefte aan ‘n ekovriendelike en volhoubare benadering tot vieringe beklemtoon. Sleutelfokusareas sluit in die aanpak van rommel, die aanspreek van wildmisdaad en die bestuur van mens-dier konflikte. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Romeo Muyunda, die omgewingministerie se woordvoerder, wat uitbrei.