Vasgekeerde ruimtevaarders op ISS moet nog langer bly

Nasa sê dat die twee ruimtevaarders wat op die Internasionale Ruimtestasie vasgekeer is, nog langer sal moet wag om by die huis te kom. Butch Wilmore en Suni Williams sou ná net ‘n week terug wees toe hulle in Junie vertrek  het. Hul verblyf is tot Februarie volgende jaar verleng weens tegniese probleme met die eksperimentele ruimtetuig, Starliner, wat deur Boeing gebou is. Nou, na ‘n vertraging in die lansering van ‘n nuwe kapsule na die ruimtestasie, sal hulle nie terug wees voor einde Maart of moontlik April nie. Nasa sê die vertraging hou geen risiko vir die ruimtevaarders in nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *