Rolspelers in lewendehawe-produkte moet registreer, dringend
Die Namibiese Lewendehawe en Lewendehawe-produkte Raad herinner alle produsente en besighede wat te doen het met lewendehawe en hul produkte dat die nuwe wetgewing in verband met beheerde produkte op 13 Januarie volgende jaar in werking tree. Die nuwe wet definieer beheerde produkte en dit sluit nou vleis van lewendehawe, vleisprodukte, suiwel en alle suiwelprodukte, eiers en eierprodukte sowel as huide en velle in. Alle rolspelers moet by die raad geregistreer wees om handel in die produkte te dryf. Registrasies is oop.