Onderwysministerie het dalk ‘n plan om poste te skep

Kommer is in ‘n gepubliseerde brief geopper oor die groeiende aantal gekwalifiseerde werklose onderwysers regoor die land. Die klaer sê baie onderwysers wat in 2020 gegradueer het, sit steeds sonder werk. Die brief het frustrasie oor die onderhoude-proses onderstreep en vra vir die direkte plasing van onderwysers. Die skrywer sê hulle kan nie hul NSFAF-lenings terugbetaal nie, en die gebrek aan werk kan sommige individue tot desperate maatreëls dryf, soos om hulle tot misdaad of sekswerk te wend. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die uitvoerende direkteur van onderwys, Sanet Steenkamp.

Steenkamp sê hulle ondersoek ‘n stelsel met onderrigsessies in die oggende en middae, wat meer onderwysposte kan skep.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *