Oekraïnse intelligensie vermoor Rus Kirillov
Luitenant-generaal Igor Kirillov, wat hoof van Rusland se Kern-, Biologiese en Chemiese Beskermingstroepe was, is deur die Oekraïne se SBU-intelligensiediens vermoor, het ‘n SBU-bron aan Reuters bevestig. Die bron het gesê dat ‘n bromponie met plofstof gedetoneer is, wat beide Kirillov en sy assistent doodgemaak het toe hulle uit ‘n gebou op Ryazansky Prospekt in Moskou gestap het. Die 54-jarige Kirillov is die mees senior Russiese militêre offisier wat in Rusland deur die Oekraïne vermoor is. Voormalige president Dmitri Medvedev, nou ‘n senior Russiese veiligheidsbeampte, het aan ‘n vergadering wat op staatstelevisie gewys is, gesê Moskou sal wraak neem oor wat hy ‘n daad van terrorisme genoem het. Daar was geen onmiddellike kommentaar van president Vladimir Putin nie.