Nog ‘n groenwaterstof-aanleg op Walvis
Elof Hansson Hydrogen Namibia beplan om ‘n groot groenwaterstof- en ammoniakproduksiefasiliteit op woestyngrond naby Walvisbaai te ontwikkel. Die projek sal ‘n 2 500 megawatt-sonkragfotovoltaïese aanleg, 70km se kraglyne en ‘n ontsoutingsaanleg insluit. Dit beoog om jaarliks tot 430 000 ton groenammoniak produseer, aangedryf deur ‘n sonkragplaas van 2,1 gigawatt. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Erongo-goewerneur Neville Andre, wat sê die streek is geoormerk om ‘n industriële spilpunt te word.