Myne-ministerie lê klag teen Xinfeng-myn
Die myne-ministerie het ‘n klag van onwettige mynbedrywighede teen die uitvoerende bestuur van die Xinfeng-myn by Uis gelê en die polisie is besig met ‘n ondersoek. Die ministerie sê hy het gehoor gegee aan klagtes van Uis-inwoners en het tydens ‘n onaangekondigde besoek aan die myn gesien dat daar onwettig gemyn word en dit stopgesit. Die myn het ook erken dat hy onwettig gemyn het. Dit is in stryd met sy eksplorasie lisensie, waarvolgens daar geensins gemyn mag word nie. Daar word berig dat derduisende metrieke ton se litium onwettig gemyn is en gemeng is met die wettige erts en uitgevoer is.