Maak so om veevoer uit SA in te voer
Die landbou-ministerie het deur die Direktoraat Veeartsenykunde die hervatting van die invoer van lusern en tef vir veevoer uit Suid-Afrika aangekondig. Invoerders word aangeraai om aansoek te doen vir veeartsenykundige invoerpermitte by die Veterinêre Invoer/Uitvoerbeheerkantoor. Invoerders moet ook ‘n aanbeveling van ‘n provinsiale staatsveearts in Suid-Afrika kry wat bevestig dat die plaas van oorsprong aan Namibië se veeartsenykundige invoervereistes voldoen voordat die permitte uitgereik kan word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Johannes Shoopala, waarnemende veeartsenyhoof, wat verduidelik.