Laura Wolvaardt praat teë, word berispe

Die kaptein van die Protea Vroue, Laura Wolvaardt, is ingevolge die gedragskode van die Internasionale Krieketraad berispe gedurende die toets teen Engeland wat gister in Bloemfontein geëindig het. Sy is daaraan skuldig bevind dat sy haar misnoeë te kenne gegee het nadat sy in Suid-Afrika se eerste beurt been-voor-paaltjie uitgegee is. Die IKR het een strafpunt by haar rekord gevoeg na haar eerste oortreding in 24 maande. Wolvaardt het die aanklag en die bevinding aanvaar, wat voorkom dat sy amptelik verhoor word.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *