Keely Hodgkinson is BBC sportpersoonlikheid van die jaar

Die Britse middelafstandatleet Keely Hodgkinson is aangewys as die BBC se sportpersoonlikheid van die jaar nadat sy goud verower het in die 800-meter op die Olimpiese Spele in Parys. Die publiek het haar gekies bo die veerpyltjie-ster Luke Littler en die nasionale krieketspeler Joe Root. Ander benoemdes was die para-fietsryer Sarah Storey, die wêreld-driekamp-kampioen, Alex Yee, en Real Madrid se sokker-ster, Jude Bellingham. Hodgkinson, wat op die vorige Spele in Tokio silwer in die nommer gewen het, is die vierde vrou in ʼn ry wat die gesogte toekenning opraap.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *