Ierland beboet Meta oor databeskerming-fout

‘n Ierse reguleerder het die eienaar van Facebook, Meta, beboet met 4,8 miljard Namibiese dollar oor ‘n fout met databeskerming wat kuberkrakers toegang gegee het tot gebruikers se rekenings. Die Databeskermingskommissie het Meta gekritiseer vir ‘n sekerheidsfout in sy video-oplaaifunksie wat kuberkrakers toegelaat het om volle toegang tot ander gebruikers se Facebook-profiele te kry. Binne twee weke in 2018 kon ongemagtigde gebruikers toegang tot ongeveer 29-miljoen Facebook-rekeninge wêreldwyd verkry, insluitend die van drie-miljoen mense in die EU. Die persoonlike data het e-posadresse, telefoonnommers, woon-, en werksplekke ingesluit. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *