FlyAngola loods nuwe roete na Windhoek
FlyAngola het ‘n nuwe roete vanaf Catumbela in die Benguela-provinsie van die land, na Windhoek geloods. Die eerste vlug sal op 21 Desember opstyg. Volgens die redery sal die roete toerisme in beide lande ‘n hupstoot gegee. Die Benguela-provinsie is uiters aantreklik met warm water strande. Die roete sal ook in Luanda land wat, na TAAG, ‘n nuwe opsie vir reisigers bied.