Windhoek Stadpolisie trap inbrekers vas, een geskiet
Vier verdagtes is deur die Windhoek Stadspolisie in hegtenis geneem ná ‘n huisroof in die Grysblok-omgewing, terwyl ‘n vyfde verdagte in die been geskiet is. Hy is in ‘n stabiele toestand in die hospitaal. Eliaser Iyambo, die Stadspolisie se adjunk-operasionele hoof, sê die verdagtes is in besit van gesteelde items gevind, insluitend twee televisies, horlosies, ‘n lugversorger, ‘n skootrekenaar, oorbelle, pruike en ander waardevolle items. Iyambo het met die media gepraat en bygevoeg ondersoeke duur voort om vas te stel of die verdagtes met ander rooftogte in die gebied verbind kan word.