Waterskuld: Wetlike verpligting of jou reg?

NamWater sê in sy jaarverslag hy word 2,1 miljard Namibiese dollar geskuld deur plaaslike owerhede en landelike gemeenskappe. Dit is soveel as wat hy in die boekjaar tot 31 Maart 2024 gegenereer het. Die maatskappy sê die debiteure moet aangespreek word sodat hy finansiële stabiliteit kan handhaaf en ononderbroke dienslewering kan verseker. Kosmos 94.1 Nuus het met die bestuurskundige dr. Marius Kudumo gesels wat sê instansies moet oor dieselfde kam geskeer word as die publiek.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *