Tiener zama-zamas gaan terug na Mosambiek

Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling in Noordwes berig maatskaplike werkers sal 27 Mosambiekse tienerseuns repatrieer. Hulle is slagoffers van mensehandel en het meer as ‘n maand gelede teruggekeer na die oppervlak van ‘n ongebruikte myn in Stilfontein. Die departement se woordvoerder, Petrus Siko, sê die polisie in Matlosana het 15 ongedokumenteerde kinders gevind en nog 12 het uit die verlate myne teruggekeer en is vir twee weke in veilige sorg in Mahikeng.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *