Spoedvraat vas oor 209km/h op N1

Die bestuurder van ‘n Volkswagen Golf R is in hegtenis geneem nadat hy na bewering teen 209 kilometer per uur in ‘n 120-kilometer-sone op die N1-snelweg naby Mokopane in Limpopo gejaag het. Die woordvoerder van die provinsiale departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid, Tidimalo Chuene, sê met hierdie voorval kom die totale aantal motoriste sedert die eerste van hierdie maand wat vir oormatige spoed in die provinsie gearresteer is, op ses te staan.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *