Sentrale damme op 10.1%

Volgens NamWater se jongste dambulletin staan sentrale bronne op 10,1 persent met Von Bach op 10,2 persent na water van Swakoppoort en Berg Aukas oorgedra is. Swakoppoort self staan op 16,9 persent. In die Ooste is bronne op 1,2 persent. Die Hardapdam by Mariental is tans op 5,7 persent na 374 000 kubiek in die afgelope week uitgepomp is vir die suiwel- en varkplase. Neckartal is op 77,3 persent en boere onder die damwal het 2,5 miljoen kubiek ontvang vir boorgate. Naute by Keetmanshoop is op 31,7 persent en Oanob by Rehoboth op 31,5 persent. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *