Oud-dwelmhoof rig waarskuwing na twee groot fondse
Reaksie word ontvang op die groot vermeende kokaïen-fonds wat by die Ariamsvlei grenspos gemaak is. Twee Namibiërs is gearresteer na 8,8kg wit poeier ter waarde van sowat 4,4 miljoen Namibiese dollar in hul Iveco-bus gekry is. Volgens NamPol het die bestuurder gesê hy het die pakkies by ‘n man in Suid-Afrika gekry wat gevra het dat dit by iemand in Namibië afgelewer moet word. Hy weet glo nie wie die persoon is nie, want hulle het net telefonies gepraat. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met ‘n oud-dwelmhoof van NamPol, kommissaris Hermie van Zyl, wat ‘n waarskuwing het.