Impakstudies heeltemal onvoldoende
‘n Verslag deur die Namibiese Omgewings- en Natuurlewevereniging toon dat omgewingsimpak-studies onvoldoende is. Sy sogenaamde EIA Tracker toon dat omgewingsbeoordeling praktisyns doelbewus die agtergrondinligting-dokument onwettig weerhou en alleenlik op grond daarvan kan ‘n projek geklassifiseer word as hoë, medium of lae risiko. Die verpligting om advertensies is te plaas word ook omseil met klein advertensies wat versteek is. Die EIA Tracker sê sedert Mei 2023 tot Julie 2024 was 44 persent van projekte medium-risiko en 4 persent hoë risiko. Die mynlisensie wat in die Huab-bewarea goedgekeur is, is weer uitgelig as voorbeeld waar die praktisyn bedrieglik gesê het biodiversiteitsrisiko is laag.