ECN betaal te min, sê sy kontrakte was foutief
Plaaslike berigte lui dat stukwerkers wat vir die Verkiesingskommissie tydens die stemmery gewerk het, nie betaal is volgens hulle kontrakte nie. Volgens New Era is hulle op 541 Namibiese dollar daagliks, van 9 November tot 6 Desember aangestel maar is net 512 dollar daagliks betaal. Volgens die kommissie-woordvoerder De Wet Siluka was daar ‘n fout gemaak met hulle oorspronklike kontrak en die korrekte bedrag is 512 dollar. Dit is nie bekend of die geraakte werkers verdere stappe sal neem nie.