Assad sê hy wou nie ingee of vlug nie, maar moes

Sirië se voormalige president Bashar al-Assad sê hy was nooit van plan om na Rusland te vlug nie. Hy het na bewering sy eerste verklaring gemaak sedert die val van Damaskus agt dae gelede. Hy sê terwyl die hoofstad aan rebelle geval het, hy na ‘n Russiese militêre basis in die provinsie Latakia gegaan om toesig te hou oor gevegsoperasies net om te sien dat Siriese troepe stellings verlaat het. Die basis het onder toenemende aanvalle deurgeloop en hy sê die Russe het besluit om hom na Moskou te vervoer. Hy sê verder dat wanneer die staat in die hande van terrorisme val en die vermoë om ’n betekenisvolle bydrae te lewer verlore gaan, raak enige posisie doelloos. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *