Adele-liedjie moet wêreldwyd verbied word, sê regter

‘n Brasiliaanse regter het gelas dat ‘n 2015-liedjie deur die Britse pop-superster Adele, Million Years Ago, wêreldwyd verbied moet word, insluitend op stroomdienste. Dit volg weens die Brasiliaanse komponis, Toninho Geraes, se voortslepende plagiaat-eis. Die bevel dreig Adele se platemaatskapye, Sony Music Entertainment en Universal Music met ‘n boete van 143 000 Namibiese dollar vir alle gevalle van nie-nakoming. Geraes beweer plagiaat teen sy klassieke samba-treffer Mulheres, wat die beroemde Brasiliaanse sanger, Martinho da Vila opgeneem het, en dagvaar vir verlore tantième, morele skadevergoeding en erkenning aan die liedjieskrywer op Adele se snit.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *