Tjongarero stel tydelike Jeugraad-direksie aan

Jeugminister Agnes Tjongarero het ‘n tydelike raad van vyf lede vir die Nasionale Jeugraad aangestel, nadat sy die naweek die vorige direksie met onmiddellike effek ontbind het. Die tussentydse raad se ampstermyn sal vir ses maande duur tot die voltooiing van sy take. Die tydelike raadslede is Curtis Andrew, Beverly Silas, Hendrik Theofilus, Vistolina Iita and Nghoshi Panduleni. Die nuwe raad sal toesig hou oor die effektiewe uitvoering van die raad se funksies, beleidsleiding verskaf en die minister adviseer oor die raad se beleide, aktiwiteite en programme.