Telecom het te laat agtergekom sensitiewe data is uit

Telecom Namibia se uitvoerende hoof dr. Stanley Shanapinda het, soos beloof, met die nasionale uitsaaier gepraat oor die kuberaanval wat derduisende lêers van sy kliënte op die donkerweb beskikbaar gestel het. Hy sê toe sy span Donderdag gekyk het na die inligting was daar nie sensitiewe inligting nie maar, teen Vrydag het ‘n noukeurige ondersoek getoon dat sensitiewe data wel vrygestel is.

Hy sê hulle werk met al die betrokke partye om vas te stel wie die kuberkrakers is en sal later vandag meer inligting hê.