Swakopmunders moet hulle honde lisensieer

Die Swakopmund Munisipaliteit herinner die publiek daaraan om hul hondelisensies teen 28 Februarie 2025 te hernu, soos vereis word deur die verordeninge wat die aanhou en beheer van honde reguleer. Versuim om aan hierdie vereiste te voldoen sal gevolge hê. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Linda Mupupa, die Swakopmund munisipaliteit se woordvoerder, wat meer inligting gee.