SA se anti-Israel standpunt kan Agoa raak
Daar is kommer oor sowat 95 miljoen Suid-Afrikaanse rand van belastingsbetalers se geld wat aangewend kan word vir die land se hofsaak teen Israel by die Internasionale Geregshof. Volgens berigte sal president Cyril Ramaphosa moontlik ‘n spesiale bewilligheidswetsontwerp bekragtig. Volgens Theuns du Buisson, ekonomiese navorser van die Solidariteit Navorsingsinstituut, kan dit Suid-Afrika erg benadeel indien hy weens die saak uit die ooreenkoms ingevolge die Amerikaanse Wet op Groei en Geleenthede, Agoa, gelaat word. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry van die Suid Afrikaanse politieke ontleder professor André Duvenhage, wat meer van Agoa verduidelik.
Duvenhage sê dat Suid Afrika homself internasionaal verkeerd posisioneer en dit kan katastrofies wees.