Proteas Vroue-bouler blink uit teen Engeland
Krieket: Die linkerhandse draaibouler van die Proteas Vroue, Nonkululeko Mlaba, het gister uitgeblink deur vier paaltjies plat te trek met Engeland op 395 vir nege, beurt gesluit verklaar, op die eerste dag van die eenmalige toets teen Suid-Afrika op die Mangaung-ovaal in Bloemfontein. Die oornagtelling van die Proteas was 17 sonder verlies met kaptein Laura Wolvaardt en aanvangsvennoot, Anneke Bosch, wat vandag voortkolf, ʼn agterstand van 378 op die eerste beurt. Vir die besoekers het Nat Sciver-Bunt die vinnigste honderdtal nog in vrouekrieket van net 96 balle aangeteken en was voor nuweling Maia Bouchier, wat haar eerste honderdtal behaal het.