Nasionale Jeugraad ‘totale vermorsing van belastinggeld’
‘n Tydelike raad van vyf lede is deur jeugminister Agness Tjongarero vir die Nasionale Jeugraad aangestel. Sy het die naweek die vorige direksie ontbind, terwyl afgevaardigdes reeds by die Jeugraad se Rietfontein opleidingsentrum bymekaargekom het om ‘n nuwe raad te kies. Dit het die belastingbetaler meer as 2 miljoen Namibiese dollar uit die sak gejaag vir hulle reis, kos en verblyf. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die PDM-parlementslid Maximalliant Katjimune, wat ‘n mosie in die Nasionale Vergadering ingedien het dat die Jeugraad en Jeugdiens saamgevoeg word, aangesien dit geld sal bespaar en duplisering van pligte sal beëindig.