Nasionale Jeugraad: LPM sê die probleem is nie aangespreek nie

Sport, jeug en nasionale diens-minister Agnes Tjongarero het die hele direksie van die Nasionale Jeugraad afgedank. Dit het gebeur na die jeugraad haar bevel om nie ‘n leierskapsverkiesing te hou nie, met verwysing na growwe oortredings van die wet, verontagsaam het. Tjongarero het nege redes gelys vir die afdanking, insluitend dat die direksie fondse wanbestuur het, nie verkrygingsprosedures gevolg het nie asook wanadministrasie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Lifalaza Simataa, die woordvoerder van die LPM, wat sê die onderliggende probleme is steeds nie aangespreek nie.