Nampu-registrasie ‘bied beskerming aan joernaliste’
Tydens die Namibiese Menseregtedag-vieringe het die regte van die media onder bespreking gekom. Die arbeidskommissie het glo die aansoek om registrasie van die Namibiese Media-vakbond, Nampu, erg vertraag en die vakbond is eers Vrydag amptelik geregistreer na die eerste aansoek afgekeur is op grond van tegniese aspekte. Die media-ombudsman dr. John Nakuta het dit ‘n growwe skending van joernaliste se regte genoem. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry van Ingrid Husselmann, die hoof van die Kantoor van die Ombudsman.